Ons is vroeg weg uit Pretoria, die pad was stil en ons het goed gery. Ellisras se verkeerspolisie het ons binne 10 minute twee keer afgetrek. Alles was reg en gou was ons weer op pad. So paar kilometer van Grobler’s Brug het die vragmotors al in ‘n lang tou gestaan.

Dit het ons 2 ure geneem om deur die grensposte te kom, dit was 39 grade. Ons het omtrent almal uitgebraai. Terwyl ons in die ry staan aan die SA kant, sĂȘ ek vir almal om seker te maak hulle kry hulle eie paspoort terug en dat dit gestempel is. Wraggies toe ons wegstap sien Emke haar paspoort is nie gestempel nie. Ons draai toe om en vra Doeane om dit te stempel. Dit is n krisis as jy by Botswana aanmeld en jou paspoort is nie gestempel nie. Dan moet jy weer terug gaan SA toe om gestempel te word.

Ek dink die meeste slaap net een nag by Kwa Nokeng en dan beweeg hulle aan. Dit was net ons en een ander voertuig wat gekamp het. Ons was diep dankbaar vir die swembad.

Aandete was vooraf gevriesde macaroni en kaas en vrugteslaai met yoghurt vir nagereg.

Emke en Pieter het skerpioene gaan soek, toe Pieter amper op n slang trap. Gelukkig was dit net n luisslang (omtrent 1.5m lank). Emke het ons dadelik kom roep en ek kon net n gedeelte van sy stert afneem voor hy in die bosse verdwyn het. n Belangrike herinnering om nie met plakkies in die donker rond te loop nie.

Brug by grenspos oor die Limpopo. Wys net hoe naby is Kwa Nokeng aan die grenspos.

Inligting oor Kwa Nokeng

Koste: P160 per persoon per nag

Fasilitiete: Kampering, Chalets, Konferensie sentrum, spa, swembad, restaurant, naby vulstasie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *