Gisteraand het ons heerlik gekuier en gebraai, eerste skaaptjops in weke. Gister soos ons al verder in Suid-Afrika ingery het, hoe groener het dit geword. Plasse water staan, panne en dame is vol. Groen gras so ver as wat jy kan sien, sommige plekke staan die mielies al hoog.

Lenie maak n heerlike ontbyt, ons sal definitief hou tot ons by die huis kom. Vanoggend stop ons eers by die Gereformeerde kerk Sannieshof. Dis n pragtige kerk. Pieter se Oupa se broer was die bouaannemer van die kerk.

Op n stadium stop Pieter en vra die snoeiskêr. Gou-gou is hy terug met n pragtige bos sonneblomme. Van die sonneblomsaad waai van die trokke af en ontkiem en groei langs die pad. Amper soos kosmos.

Ons ry via Tarlton en Krugersdorp Pretoria toe. Ons is al baie opgewonde om ons diere en die tuin te sien.

Die honde is minder opgewonde om ons te sien as wat ek verwag het. Ek dink ons was so lank weg, hulle het gedink ons het getrek. Toe Henk, wat na ons huis gekyk het later opdaag, was hulle uitbundig van vreugde. Die tuin, veral die groentetuin is n oerwoud, alles het so gegroei. Die bossies ook.

Na 6172km is ons veilig tuis, dit was n heerlike vakansie met baie hoogtepunte. Ek hoop die herineringe van die vakansie sal die kinders nog baie lank by by.

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *