Dit het oornag nog gereën en oral is groot plasse water.

Die A1 noord in die rigting van Ramokgwebane/Plumtree is n pragtige nuwe pad.

Ons arriveer 9h55 by die grenspos, saam met almal wat huistoe gaan vir kersfees. Dis besig!!! En die ry is lank. Ek maak solank in die camper vir ons braaibroodjies vir ontbyt terwyl Pieter en die kinders in die ry staan. En staan en staan…..en staan. Dit neem neem ons 2 ure om deur immigrasie en customs te gaan aan die Botswana kant. Pieter was vinniger klaar as ons, omdat hulle die drywers skei van die passasiers. Sommige voertuie vervoer vrag en dis net 1 persoon wat dan vinniger weer aan die gang kan kom. Net om weer in die ry te val aan die Zimbabwe kant. Die donderwolke steek op en minute later sous dit. Almal storm onder die naaste afdak in. Die ry vorder stadig maar seker en nadat ons deur immigrasie is, stuur Customs Pieter na commercial agv die trok. Hier het ons n agent nodig, iemand help Pieter vir US$60. Daar word ook US$40 vir die toll fee coupon betaal en vir die  TIP, Road Tax en insurance US$60.

Die kinders het nou al hulle boeke gaan haal en lees terwyl ons wag. N verdere 2 ure 10 min en ons is deur Zimbabwe se grenspos.  

Op pad terug trok toe vra die beamptes of ons toeriste is, want Zimbabwe Tourism het n spesiale projek om toeriste te verwelkom en “extend hulle n Warm Welcome”. Ons word n Zimbabwe lap om die skouers gedraai en fotos word geneem. Almal is happy. Die kinders beindruk met die gratis lappe, wat rompies gaan word en n reisigers padkaarte.

Ek is dol oor die volgende 3 dorpies se name, eerste is Plumtrree, dan Marula en laaste is Figtree. Ons mik vir Bulawayo, maar eers is die gereelde polisie checkpoints/roadblocks. Elke paar km is daar een. Hulle is vriendelik en check gewoonlik net die TIP – temporarily import permit en vra of ons vrag dra. Soms wuif hulle ons net verby.

Ons slaapplek vir die nag is Southern Cross Lodge in Bulawayo. Met aankoms verduidelik Sharon, die bestuurder dat daar 3 funksies die aand is. Sodra ons deur toe is hoor ons niks nie, so dis nie n problem nie. Sy vra of ons trok die nuwe paving sal beskadig. Ek sê, dit het nog nooit nie. Pieter ry versigtig in en toe Pieter draai om te reverse, voel hy net die trok mee gee!!! Sharon is geskok, haar oë groot en hande in die hare, ons voel aaklig en daar is n moerse gat in hulle nuwe paving!!!

Sy neem fotos, bel iemand. Die eienaar is in Frankryk. Later kom n kontrakteur verby en sê dit was swak vakmanskap en die grond is nie genoeg gekompakteer nie en al die reën het ook nie gehelp nie. Ons moenie verder worry nie.

Dit is n pragtige tuin waar ons kamp, maar hulle het baie uitdagings. Die krag is baie onstabiel en gereeld trip dit. Die bewolke weer beinvloed die sonpanele en van tyd tot tyd hoor ons die kragopwekker loop. Pieter het van by tye opvangs op sy foon, my foon is meestal sonder enige opvangs.

Inligting oor southern Cross

Koste: US$ 5 per per soon per nag. Ons sal weer hier kom kamp.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *