Gisteraand toe Pieter met die kontrakteur gepraat het, het hy gesê hoe sleg die pad tussen Bulawayo en Vic falls is. Na n nag waar Pieter baie sleg slap en al die opsies oorweeg as ons vasval in die modder of n band verloor op die slegte pad, besluit ons om eerder terug te gaan Botswana toe en met die A3 wat min of meer parallel met die Bulawayo/Vic Falls pad loop, Vic falls toe te ry. Ons mikpunt vir die dag is om by Nata Lodge te slaap. Die verwagting is dat die grenspos nie so besig sal wees nie.
Soms is daar goeie paaie en soms is daar slegte paaie in Bulawayo.
Ons is 7h30 alreeds oppad en by die eerste polisie checkpoint verby.Teen 8h00 is ons by tolhek. Omdat ons reeds die tolgeld betaal het, hoef ons net die strokie te wys wat hulle scan. Maar o wee….. daar is n problem. Dit blyk omdat ons aangedui het ons roete is Plumtree-Bulawayo-Hwange-Vicfalls en exit by Vic Falls, is dit waar ons moet Exit. Ons kan nie net ons minds change nie. En ons kan ook nie by die tolhek dit verander nie, ons kan ook nie ekstra betaal nie. Ons moet omdraai en d t by VID in Bulawayo gaan verander.
Wat ons hoop en vertrou op n Saterdag oop is. VID is die Vehicle Inspection Department. Ongelukkig is die beamptes useless met aanwysings en sê It is in Town, near the Mosque. So ons draai om, terug na Bulawayo. By elke checkpoint vra Pieter weer aanwysings, iewers noem iemand 10th & Basch. Uiteindelik teen 9h30 het ons die plek gevind met baie draaie en gesukkel.
Ons ry deur n mark en ons kan nie heeltemal uitwerk hoe die kruisings met stukkende verkeersligte werk nie, want dit is een groot verkeersknoop.
Uiteindelik is ons 2.5 ure later weer by die tolhek. Al die moeite vir 5 woorde : Change exit route to Bulawayo/Plumtree en n stempel. Teen die tyd het die Warm Welcome al verflou en ons is bly om Zim se stof van ons voete af te skud. Die grensposte neem net meer as n uur.
Ons ry via Masunga en Sebina na die A3. Die pad is mooi met baie kronkels om koppies en het om een of ander rede baie hobbels.
By die meeste dorpies sien ons n vullis versamelpunt. Baie mooi netjies dat alles nie die wêreld vol waai nie.
Die A3 is nie meer n mooi pad nie. Die baie vragmotors op die pad ry hom stukkend en hy dra swaar verkeer. Ons ry agter n paar vragmotors wat Pieter baie frustreer. Op n stadium is daar n reënstorm met wind dat ons skaars die pad kan sien.
Teen 16h32 is ons uiteindelik by Nata lodge en hier staan ons vir 2 nagte. Ons wil graag die wasgoed droog kry wat al van Francistown af nat is en weer die blog update.