Ons wasgoed is al amper droog en ons het nog n bondel aan die gang. Pieter en Engela was die wasgoed. Hier is ook n swembad onder die bome, die water is verfrissend koud. Die blog is op datum. Pieter het met die bestuurder van in Overland groep gesels en hy sê hulle vermy die Bulawayo/ Vic Falls roete omdat die pad so sleg is. Hulle ry ook eerder die A3 in Botswana.
Vandag rus ons, ek wil bietjie voëls kyk en rus. Hier steek ook wolke op, hopelik reën dit, hier het hulle nog nie reën gekry nie. Ek sien vir die eerste keer n swartbekkakelaar.

Waar Emke is maak sy vriende met die honde. Hier is 5 honde. Ons weet nie of dit die lodge se honde is of die buurt s’n nie. Hulle is egter vriendelik. Die jong tefie is baie spelerig en gaan haal die lala palm sade wat Emke vir haar gooi. Sy is later poot uit. Op ‘n stadium kom sy by ons aan met die bure se een tekkie in haar bek.

Ons het vir Magriet – ons sourdough starter saamgebring. Engela besluit om broodjies te maak – aangesien ons brood klaar is.

Daar is genoeg deeg om cinnamon rolls ook te maak. Ons gebruik ons “non-stick grill matt” op die rooster met n deksel bo-op vir die rolletjies. Die cinnamon rolls kom in die swart platboom gietyster kastrol. Aandete was heerlik, Kalahari skaaptjops van die plaas, kerrieboontjies van die jaar se oes, Engela se rolletjies, slaai en my eerste suksesvolle poging van mintjellie. En o ja, Windhoek Lager.




Sedert die begin van die vakansie soek Emke elke aand te vergeefs na skerpioene. Vanaand het hulle nie net ‘n skerpioen gekry nie maar ook n groot gogga.

Skerpioen is waarskynlik n Transvaal thicktail skerpioen ( Parabuthis Tranvaalicus). As hy jou steek het jy mediese sorg nodig, soos hospitaal toe met jou. Daar is jaarliks n paar sterfgevalle.

Giant Longhorn Beetle (Tithoes confinus)
Emke se hoogtepunte van Nata Lodge is die skerpioen, die honde en swembad.
Engela se hoogtepunte: die broodjies wat sy gemaak het en die swembad, en die boeke wat sy gelees kry. Sy is klaar met “To kill a mockingbird” en lees nou “The man with a golden gun” (van james Bond).
