Wraggies word ons wakker met reëndruppels op die dak. Ek wonder of ons reën aantrek??

Dit is vandag Engela se 19de verjaarsdag en n pragtige sonsopkoms verwelkom haar.

Sy neem die foto waar die sonstrale die berg agter die camper verlig.

Na ontbyt pak ons op om eers by ontvangs te gaan stort en daarna nog rond te ry voor ons vertrek in die rigting van Hentiesbaai.

Die 30km grondpad vanaf Karibib tot Spitzkoppe was baie sleg, sinkplaat vir die vale. Dit het gevoel of ons die Dakar doen. Vanaf die teerpad by Karibib tot by Hentiesbaai is 115km grondpad, slegte grondpad. Aangesien ons alreeds 30km gedoen het. Besluit Pieter om oë toe te knyp en die grondpad te ry. Ons probeer alles wat so rattle stywer vas te pak, handdoeke word orals ingedruk.

Ons verlaat Spitzkoppe deur die westelike hek.

Ons stop vir n foto in die Dorob NP, dis maar sand so ver as wat jy kan sien, hier en daar n bossie.

Ons kom bakkie na bakkie tee uit die rigting van Hentiesbaai. Almal wat more begin werk moet seker begin aanstaltes maak om huiswaarts te keer. Ons is bly want ons kanse raak al beter om kampplek te kry.

Net na 11h00 arriveer ons, honger vir vis. Bestel by die plaaslike restaurant kabeljou en chips.

Terwyl ons wag gaan koop ek solank slaaigoed by die plaaslike Spar. 45min later is ons kos reg en ons gaan eet langs die see. Dit was heerlik.

Buck’s camping lodge het vir ons plek @R450 per nag. Elke staanplek het sy eie ablusie. Die hele plek is baie oulik uitgelê, hier is nog n paar mense , maar oor die algemeen is die plek leeg. Die seisoen is verby.

Nadat ons bietjie gerus het stap ons af strand toe. Die kinders is so opgewonde, hulle kom maar min by die see.

Ons dink dis waar Ds Fanie vir vang!!

Dis n lieflike middag, daar waai n bedrieglike koel windjie wat jou laat dink dis nie warm nie. Gelukkig het ons sonskerm aangespuit. Ons stap heerlik op die strand. Na die groot middagete, eet ons iets ligs vir aandete.

One Response

  1. Hallo julle dis heerlik om saam te reis. Dis darem n ongelooflike ervaring wat julle beleef as gesin. Lieflike herinneringe wat julle bymekaar maak. Die lewe gaan so gou verby en kinders gaan hulle eie rigting. Baie liefde en kom veilig tuis. Tan Celia

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *