Die kinders het n afspraak om 7h15 saam te gaan draf. Pieter wil die sout van die onderstel af was en Heindrich bied aan om te help.

Hy het later huisbesoek op Swakopmund en die res van ons doen ons eie ding. Ons was weer wasgoed en is baie dankbaar vir die gebruik van Jacomien se wasmasjien. Die kinders gaan roei op die lagoon en ek en Pieter stap langs die lagoon, verby die waterfront en langs die hawemuur.

Sien n hele paar nuwe voƫls. Ons het die Zwemstras genooi vir wraps vir aandete. Ons moet die wraps nog maak ook. Terwyl Kobus vir Pieter neem om die gasbottel vol te maak, sny en kerf ek al die groente. Pieter het n hout sirkels gemaak om die deegballetjies plat en baie dun te druk, daarna braai ek dit in die pan.

Daar was vandag ook uiteindelik tyd om die muffins te maak wat ek beplan het vir Engela se verjaarsdag. 8 Mense sing net soveel beter as 3.

Oorkant die pastorie was die pragtigste kleurvolle gastehuis! (Al die kleure my man se nagmerrie)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *