Toe ons vanoggend by Klein Aus Vista vertrek het Pieter gesien daar is n olielek op die as, links voor. Ons sal dit vandag dophou en môre n besluit maak of ons via Kalagadi of via Ariamsvlei huistoe kom.
Ons is alweer op n Sondag op die dorp, maar gelukkig is die Shoprite oop. Net na 12h00 arriveer ons by Quivertree Forest Lodge & Camping, dis so 13km noordoos van Keetmanshoop op die M29.

Die koste is R1373.60, maar sluit die kokerboomwoud en die Giants Playground in. Albei van oop van sonop tot sononder. As jy sterrefotografie in die aand wou doen in die kokerboom woud is dit nog n paar honderd rand ekstra.
Dit is 37 grade, geen boom in sig nie, maar darem werk die krag. Trip so paar keer maar ons kom reg. Ons koel af in die swembad en meld toe net voor 17h00 aan by ontvangs . Hulle het 2 jagluiperde wat 14jaar gelede op die plaas gebore is en die 2, Saddam en Hussein kry 17h00 kos. Hulle kom n paar minute laat aangedraf. Hulle rantsoen is so 2kg vleis per dag.
Ek is al weer n hele paar dae agter met die blog en wil opvang terwyl hier wifi is. Om 19h00 wil ek en Emke gaan fotos neem in die woud, die son sak 20h00.
Die kokerbome is pragtig en ons neem sommer baie fotos. Langs ons kamp n groep Russe. Ons het al n paar keer Russe raakgeloop op die vakansie.
Na sonorder is Emke weer opsoek na skerpioene. Sy kon nie n lewendige een kry nie, maar het die vervelsel van n kleintjie gevind. Ons kon more-oggend voor ons vertrek gaan ons Giants playground besoek. Weet niks van die plek af nie, behalwe dat dit 5km verder is.