Na heelwat wik en weeg het ons toe besluit om vir eers die 5 dae in die Kalagadi uit te stel tot n later geleentheid en eerder maar teerpad huistoe te ry. Vandag is weer n lang dag, 500km. Voordat ons egter vertrek, stop ons eers by die Giants playground. Ek weet niks van Giants playground en aangesien ons betaal het vir toegang, besluit ons om te gaan kyk. Dit is n unieke landskap met groot rotse wat bo-op mekaar gestapel is. So asof reuse dit kon doen. Dit herinner nogal aan Matopos NP in Zimbabwe.

Ons ry voorspoedig en die grenskruising is ook vinnig. En byna vergeet ek die goeie nuus. Engela slaag matriek!! Vriendin, Naomi het namens ons haar rapport by die skool gaan haal en dit vir ons afgeneem en gewhatsapp. Tegnologie maak dinge darem maklik.

Vanaand slaap ons by Kalahari Monate net voor Upington. Dis n pragtige kampterein en behalwe vir n kar vol studente wat seker van Namibia af terugkeer universiteit toe, is ons die enigste mense. Waneer ons wel eendag Kalagadi toe gaan sal ons weer hier oorstaan. Die swembad is besig om weer hervul te word, hier is waterglybane, pragtige groot bome en groen grasperke. Dis die eerste groen grasperkte wat ons in weke sien!

Koste: R200 per persoon (R800 vir die nag)

Ons soek na n goeie slaghuis en Angus Slaghuis op Kuruman word raak gegoogle. Wat n pragtige plek met n reuse verskyndeheid. Ons koop n klompie lekker stukke vleis vir die vrieskas.

Ek sukkel om fotos opgelaai te kry. Ek neem aan die galery het sy kapasiteit bereik. Aanvanklik het ek nie die fotos verklein nie, maar die laaste 2 weke het ek wel. So ek sal maar moet sit en hulle een vir een verklein en weer oplaai. Hou moed, die fotos kom!!!

Nou mik ons vir Sannieshof. Daar woon n baie gawe vriendin en vanaand kamp ons in haar tuin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *