Vandag is Kersfees. Ons het nie n boom of geskenke nie. Die vakansie is die geskenk vir ons almal. Pieter maak koffie en doen moeite. Ons elkeen kry n marsmallow in ons koffie vanoggend.

Die deeg wat gisteraand oorgebly het word English breakfast muffins. Saam met die laaste 2 eiers, spek en gebraaide tamaties het ons n feesmaal. Vriende, Naomi en Danhet vir ons kersies van Ficksburg gebring. Die het kersiekonfyt vir die vakansie geword en was dit nie lekker op die warm muffins nie.

Ons het n lui lekker dag, het geswem en is op die oomblik besig om die blog te update. Die beplande middagete van koue skaapboud en geblikte gammon ham, aartappelslaai en mengelslaai het nog nie gebeur nie. Dis nou amper 15h00, dit reën alweer. Die skaaptjoppies wat ons vir aandete sou braai sal seker maar in die pan gedoen moet word.

Ons het bespreek om môre Vic Falls toe te gaan. Die camper bly hier en Thebe River Lodge neem ons tot by die grens, waar hulle suster maatskappy ons oplaai en Vic Fall toe neem. Môre-aand is ons laaste aand hier en daarna gaan ons oor die grens Namibië toe. Rigting Katima Mulilo.

As jy vinnig kyk lyk dit soos n klomp daisies. Dis egter n plas vol rysmiere wat verdrink het.
