Vandag vertrek ons na Pieter se kleinneef en sy vrou, Carel en Marie se plaas. Eers gaan ons op Palapye stop om vars groente en vleis te koop. Daar is invoer beperkings op vleis en vars groete. Palapye het n Food Lovers waar ons gestop. Daar is ook n Nando’s, Choppies, Steers, Cash Crusaders, FNB Atm, Standard bank en Clicks.

Food Lover’s Market

Carel en Marie du Plessis boer in die Westelike sandveld van die Kalahari met Bonsmaras, Meatmaster skape en Kalahari Red bokke.

Hulle plaas is 30km van die teerpad en die pad het plek-plek baie sand. Pieter moes die difflock n paar keer gebruik, gelukkig het ons nêrens vasgeval nie.

Die plaas is n lushof met n groen grasperk en lieflike bome.

Emke, Pieter, Engela en Carel op die plaasdam se muur

Klere en al koel almal bietjie af

Die 3 Anatoliese herdershonde loop elk saam met hulle eie trop skape of bokke.

Oornag het dit 21mm gereën

Hier is die stertjie van die luisslang wat ons gister gesien het. Het skoon vergeet om dit te post.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *