Ons spandeer die hele dag op die plaas. Pieter en die kinders ry oral saam en veral Emke leer baie oor beesboerdery.

Ons leer hoe die brandmerke werk, die stoetbeeste het 2 tags, die kommersiƫle beeste net een. Wat die knippe aan die ore beteken en hoeveel n pasgebore kalfie weeg. Wat is die vereistes van die Botswana regering en wat is die inligting wat aan die Bonsmara Vereeniging verskaf moet word.

Hier en daar herken ons van die plantegroei soos Appelblaar, Lekkerbreek en sekelbos. Die beesklou, Rosyntjiebos en Devils Claw is nuwe plante op ons lysie.

Veediefstal deur mense is nie n probleem nie, maar daar is jaarliks aansienlike verliese as gevolg roofdiere soos leeus, jagluiperds, luiperds, hyenas en selfs wildehonde! Selfs die olifante saai verwoesting waneer hulle verby kom, drade word gebreek soos hulle die plaas trek.

Ons braai die heerlikste skaapribbetjies van die plaas se Meatmaster skape. Dit is ons laaste aand op die plaas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *