Dag 21 Spitzkoppe na Hentiesbaai – 5 Jan 2025
Wraggies word ons wakker met reëndruppels op die dak. Ek wonder of ons reën aantrek?? Dit is vandag Engela se 19de verjaarsdag en n pragtige sonsopkoms verwelkom haar. Sy neem die foto waar die sonstrale die berg agter die camper verlig. Na ontbyt pak ons op om eers by ontvangs te gaan stort en daarna […]
Dag 19 Farm Waldau – 3 Jan 2025
Ons vertrek in die reën uit Tshumeb, ‘n vinnige stop by die deli langs Kupferquelle. Botter is vreeslik duur indien jy dit te koop kry. Ek koop lekker vars broodrolletjies vir ontbyt langs pad. Ons ry deur Otavi – dis n ou klein dorpie, Otjiwarongo is groter en het selfs n Plastilon. Nogsteeds reënerig. Dit […]
Dag 17 – Grootfontein via Rundu
Ons vertrek vroeg, dis n goeie 200km tot op Rundu. Ons het begin 1980’s in Rundu gewoon terwyl my Pa in die weermag was. Dit reën aan en af. Net toe ons by die hek van Ngepi uit is sien ek n bont nuwejaarsvoël – hoe toevallig om die op nuwe jaarsdag te sien. Ek […]
Dag 14 tot 16 – Ngepi Camp
Ons is vir 3 nagte by Ngepi. Ons was voorheen hier en ek het baie van die plek gehou. Dit lê teenaan die Kavangorivier. Ons het geëet, geslaap, fliek gekyk, kaart gespeel, so af en toe scrabble gespeel en natuurlik wasgoed gewas. Plaatkoekies vir ontbyt! Yummy!! Ngepi is bekend vir hulle quirky badkamers Hier moes […]
Dag 14 Kwandorivier na Ngepi
Vandag ry ons vir n groot deel deur die Bwabwata NP, gaan by die Kwando hek in. Indien jy net deur ry met die B8 is daar geen fooie nie. Daar is n brug oor die Kwandorivier en ek stop vir n paar fotos. Ons sien bobbejane, lechwes en rooibokke. In die park is al […]
Dag 13 – Katima na Kangola en Kwandorivier
Ongelukkig is Brothers fabric gesluit tot 2 Jan 2025. Ons sal maar op groter dorpe soos Tsumeb of Grootfontein kyk vir materiaal. By Pick & Pay koop ons oa broodrolletjies vir die burgers wat ons op pad gaan maak, asook bruismeel en karringmelk vir die oliebolle van oujaar. Ek sien interessante rooibostee, caramel nogal. Ons […]
Dag 12 – Kasane na Katima Mulilo
Op pad na die Ngoma grenspos ry ons vir n lang ruk deur die Chobe NP. Ons sien koedoes, rooibokke, steenbokkies, olifante, sebras en vlakvarke. Die Ngoma grenspos is nie besig nie en baie gou is ons deur Botswana en in Namibië. Die kinders het nou al outomaties hulle boeke byderhand. Daar is pragtige kremartartbome […]