Dag 20 Spitzkoppe 4 Jan 2025
Vandag vertrek ons na Spitzkoppe, vir my is dit n baie spesiale plek. Eerste blik op Spitzkoppe Ons kom in sonskyn by Spitzkoppe aan. Ons staan op kampplek 6. Sedert ons laas hier was, is die put toilette opgeknap. Daar is geen water of elektrisiteit by die kampplek nie. Vir n flushing toilet en stort […]
Dag 19 Farm Waldau – 3 Jan 2025
Ons vertrek in die reën uit Tshumeb, ‘n vinnige stop by die deli langs Kupferquelle. Botter is vreeslik duur indien jy dit te koop kry. Ek koop lekker vars broodrolletjies vir ontbyt langs pad. Ons ry deur Otavi – dis n ou klein dorpie, Otjiwarongo is groter en het selfs n Plastilon. Nogsteeds reënerig. Dit […]
Dag 18 – Tshumeb, Kupferquelle Resort & Hoba meteoriet
Foto: Emke Vanoggend toe ek wakker word op Kalkfontein in my lekker droë bed, besef ek as ons met n tent gekamp het, het ons al lankal huistoe gegaan. As dit nie baie warm is nie, reën dit vir dae en alles is nat. Ons rondseil kry glad nie tyd om droog te word nie. […]
Dag 17 – Grootfontein via Rundu
Ons vertrek vroeg, dis n goeie 200km tot op Rundu. Ons het begin 1980’s in Rundu gewoon terwyl my Pa in die weermag was. Dit reën aan en af. Net toe ons by die hek van Ngepi uit is sien ek n bont nuwejaarsvoël – hoe toevallig om die op nuwe jaarsdag te sien. Ek […]
Dag 14 tot 16 – Ngepi Camp
Ons is vir 3 nagte by Ngepi. Ons was voorheen hier en ek het baie van die plek gehou. Dit lê teenaan die Kavangorivier. Ons het geëet, geslaap, fliek gekyk, kaart gespeel, so af en toe scrabble gespeel en natuurlik wasgoed gewas. Plaatkoekies vir ontbyt! Yummy!! Ngepi is bekend vir hulle quirky badkamers Hier moes […]
Dag 14 Kwandorivier na Ngepi
Vandag ry ons vir n groot deel deur die Bwabwata NP, gaan by die Kwando hek in. Indien jy net deur ry met die B8 is daar geen fooie nie. Daar is n brug oor die Kwandorivier en ek stop vir n paar fotos. Ons sien bobbejane, lechwes en rooibokke. In die park is al […]
Dag 13 – Katima na Kangola en Kwandorivier
Ongelukkig is Brothers fabric gesluit tot 2 Jan 2025. Ons sal maar op groter dorpe soos Tsumeb of Grootfontein kyk vir materiaal. By Pick & Pay koop ons oa broodrolletjies vir die burgers wat ons op pad gaan maak, asook bruismeel en karringmelk vir die oliebolle van oujaar. Ek sien interessante rooibostee, caramel nogal. Ons […]
Dag 12 – Kasane na Katima Mulilo
Op pad na die Ngoma grenspos ry ons vir n lang ruk deur die Chobe NP. Ons sien koedoes, rooibokke, steenbokkies, olifante, sebras en vlakvarke. Die Ngoma grenspos is nie besig nie en baie gou is ons deur Botswana en in Namibië. Die kinders het nou al outomaties hulle boeke byderhand. Daar is pragtige kremartartbome […]
Dag 11 – Nog meer fotos van Vic Falls Hotel
In 1904 is die oorspronklike Vic falls hotel voltooi, dit was n spoorweghotel van hout en sink, oorspronklik gebou om die werkers van die Kaap-tot-Cairo spoorlyn te huisves. Glo so ongerieflik dat die meeste treinpassasiers verkies het om op die trein te slaap. Met ons besoek in Desember 2024, 120 jaar later is dit n […]
Dag 11 Vic Falls en High Tea
Vandag se blog is deur Engela geskryf!! Ons het 6uur opgestaan met koffie en beskuit. Teen 6:30 is die kamp opgepak en die trok by Ontvangs parkeer. Vanaf 7uur af by Ontvangs gewag vir ons vervoer. Ons was 7:46 opgelaai, ons drywer was Justice, en het 8:03 by die Botswana kant van die grens aangekom. […]