Dag 10 Thebe River Lodge – Kersfees 2024

Vandag is Kersfees. Ons het nie n boom of geskenke nie. Die vakansie is die geskenk vir ons almal. Pieter maak koffie en doen moeite. Ons elkeen kry n marsmallow in ons koffie vanoggend. Die deeg wat gisteraand oorgebly het word English breakfast muffins. Saam met die laaste 2 eiers, spek en gebraaide tamaties het […]

Dag 9  Thebe River lodge

Ons staan op staanplek 16, naby die swembad en kyk uit oor die Choberivier met Namibië aan die oorkant. Om bene te rek gaan stap ons n bietjie, dis te ver, omtrent 5km na Kasane toe, om nie te praat van warm nie. Ons stap tot  by die plaaslike Sefalana, dis soortgelyk aan Kit Kat. […]

Dag 8 Nata Lodge na Kasane – Maandag 23 Des 2024

Dit het gisteraand baie lekker gereën. Ongelooflik hoe vining  nuwe lewe begin ontkiem. Vir ontbyt is daar cinnamon rolls, genoeg om n paar vir die Nederlandse gesin te gee wat ons ontmoet het. Hulle is n gesin van 4, die 2 kinders is nog op laerskool. Hulle het in Amsterdam gewoon en reis nou vir […]

Dag 7 – Nata Lodge

Ons wasgoed is al amper droog en ons het nog n bondel aan die gang. Pieter en Engela was die wasgoed. Hier is ook n swembad onder die bome, die water is verfrissend koud. Die blog is op datum. Pieter het met die bestuurder van in Overland groep gesels en hy sê hulle vermy die […]

Dag 6 Bulawayo na Nata lodge

Gisteraand toe Pieter met die kontrakteur gepraat het, het hy gesê hoe sleg die pad tussen Bulawayo en Vic falls is. Na n nag waar Pieter baie sleg slap en al die opsies oorweeg as ons vasval in die modder of n band verloor op die slegte pad, besluit ons om eerder terug te gaan […]

Dag 5 Francistown na Bulawayo

Dit het oornag nog gereën en oral is groot plasse water. Die A1 noord in die rigting van Ramokgwebane/Plumtree is n pragtige nuwe pad. Ons arriveer 9h55 by die grenspos, saam met almal wat huistoe gaan vir kersfees. Dis besig!!! En die ry is lank. Ek maak solank in die camper vir ons braaibroodjies vir […]

Dag 4 Plaas na Francistown

Dit het oornag weer n bietjie gereën, ons is dankbaar saam met al die boere, hier en by die huis. Na ‘n pragtige sonopkoms en heerlike ontbyt vertrek ons. Ons ry met die kaplyn langs. Dis nie pad waarop ons sou ry as ons nie by Carel-hulle kom kuier het nie. Die kaplyn(ne) verdeel Botswana […]

Dag 3 – Kalahari plaas

Ons spandeer die hele dag op die plaas. Pieter en die kinders ry oral saam en veral Emke leer baie oor beesboerdery. Ons leer hoe die brandmerke werk, die stoetbeeste het 2 tags, die kommersiële beeste net een. Wat die knippe aan die ore beteken en hoeveel n pasgebore kalfie weeg. Wat is die vereistes […]

Dag 2 – Kwa Nokeng na Kalahari plaas

Vandag vertrek ons na Pieter se kleinneef en sy vrou, Carel en Marie se plaas. Eers gaan ons op Palapye stop om vars groente en vleis te koop. Daar is invoer beperkings op vleis en vars groete. Palapye het n Food Lovers waar ons gestop. Daar is ook n Nando’s, Choppies, Steers, Cash Crusaders, FNB […]

Dag 1 – Pretoria tot Kwa Nokeng

Ons is vroeg weg uit Pretoria, die pad was stil en ons het goed gery. Ellisras se verkeerspolisie het ons binne 10 minute twee keer afgetrek. Alles was reg en gou was ons weer op pad. So paar kilometer van Grobler’s Brug het die vragmotors al in ‘n lang tou gestaan. Dit het ons 2 […]