Dit het gisteraand baie lekker gereën. Ongelooflik hoe vining  nuwe lewe begin ontkiem.

Vir ontbyt is daar cinnamon rolls, genoeg om n paar vir die Nederlandse gesin te gee wat ons ontmoet het. Hulle is n gesin van 4, die 2 kinders is nog op laerskool. Hulle het in Amsterdam gewoon en reis nou vir 8 maande deur Suidelike Afrika. Hulle was op pad Mozambique toe, maar agv die politieke onstabiliteit gaan hulle nie meer daarheen nie en moet nou besluit wat volgende.

Terwyl ons oppak begin ons soek na die wasgoedpennetjiesak. Dis nêrens te vind. Op pad badkamer toe tel ek 5 wasgoedpennetjies op. Pieter begin stadig die kampeerterein deursoek, uiteindelik op die verste punt tel hy die sak op. Ons vermoed in die wind tydens die reën, het die sak van die lyn geval en die klein hond het dit die wêreld vol gesleep. Ons is bly ons het dit gekry, die sak het ons in 2010 in Zambië, by die Moorings Kampeerplek gekoop.

Voor ons vertrek tap ons eers water in, toe n gesin van Stokholm, Swede n geselsie kom maak. Hulle sou ook nou Mozambique toe gaan.

Die A3 is in n redelike toestand. Vreemd hoe die pad mooi is en sodra jy in die dorp kom is die pad sat. Soos in geval met die dorpie Nata. Oral is plasse water en potholes.

Nata tot Kasane, waarheen ons nou op pad is, is 316km en behoort ons so 4 ure te neem. Na 2 ure sien ons n pragtige piekniekplek en stop vir koffie. Die boom trek ons aandag en ons neem fotos om dit te probeer identifiseer.

Die boom is n Zimbabwean Teak, voorheen Rhodesian Teak. Dit is n ander familie as die gewone kiaat, Dopperkiaat en Doringkiaat.

Die A3 pad vorm n korridor tussen die Chobe  NP en die Hwange NP en wild kan vrylik tussen die N Parke beweeg. Ons sien n hele klompie olifante langs die pad. Die landerye  van Pandametenga beindruk ons. Dit lyk nie of die boere al begin plant het nie. Hier word hoofsaaklik mielies en sorghum verbou. Die lande is baie nat, ek weet nie waneer hulle weer met n trekker daar gaan in kom nie. Ek weet ook nie hoe hulle die olifante uit die lande hou nie.

Ons kom veilig by Thebe River Lodge aan en bespreek vir 3 nagte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *