Ons staan op staanplek 16, naby die swembad en kyk uit oor die Choberivier met Namibië aan die oorkant.

Om bene te rek gaan stap ons n bietjie, dis te ver, omtrent 5km na Kasane toe, om nie te praat van warm nie. Ons stap tot  by die plaaslike Sefalana, dis soortgelyk aan Kit Kat. Ons  sien seekoei-spore in die modder en wonder of ons veronderstel is om in die straat te stap. Engela sit haar voet by om skaal te wys, sy dra n no 8 skoen.

Ons is bespreek om op n boat cruise te gaan. Ons moet 14h45 by die Ontvangs aanmeld. Hier teen 12h00 steek daar donderwolke op en kort daarna bars hier n reënstorm los. Ons twyfel of die boat cruise nog gaan plaas vind. Maar die storm is oor en verby toe ons Ontvangs toe stap.

Die boot is kleinerig, saam met Joe, ons gids is daar nog 14 mense op die boot. Die bootrit duur 3 ure en ons almal geniet dit terdee.

Dis ontstellend hoe groot seekoeibulle is. Ons sien ook buffels, kameelperde, koedoes, rooibokke, rooi lechwes, krokodille en olifante.

Watervoëls is natuurlik vollop en die witkop- en witvlerkkiewiete is n hoogtepunt. Dis die eerste keer wat ek n witvlerkkiewiet (long-toed plover).

Voor ons vertrek het, het ons deeg aangemaak vir pizza. Ja, weer vir Magriet gebruik. Die resep wat ons tot dusver gebruik is vir sourdough English breakfast muffins. En sover werk dit vir alles. Die pizzas is heerlik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *