Dag 30 Sannieshof tot Pretoria

Gisteraand het ons heerlik gekuier en gebraai, eerste skaaptjops in weke. Gister soos ons al verder in Suid-Afrika ingery het, hoe groener het dit geword. Plasse water staan, panne en dame is vol. Groen gras so ver as wat jy kan sien, sommige plekke staan die mielies al hoog. Lenie maak n heerlike ontbyt, ons […]

Dag 29 – Keetmanshoop tot Upington

Na heelwat wik en weeg het ons toe besluit om vir eers die 5 dae in die Kalagadi uit te stel tot n later geleentheid en eerder maar teerpad huistoe te ry. Vandag is weer n lang dag, 500km. Voordat ons egter vertrek, stop ons eers by die Giants playground. Ek weet niks van Giants […]

Dag 28 Quivertree Forest Rest camp – Keetmanshoop

Toe ons vanoggend by Klein Aus Vista vertrek het Pieter gesien daar is n olielek op die as, links voor. Ons sal dit vandag dophou en môre n besluit maak of ons via Kalagadi of via Ariamsvlei huistoe kom. Ons is alweer op n Sondag op die dorp, maar gelukkig is die Shoprite oop. Net […]

Dag 27 Kolmanskop en Luderitz

Luderitz is omtrent 120km vanaf Aus en ons wil kyk of ons die wildeperde sien en Kolmanskop besoek en daarna Luderitz. Ons kry dit reg om 7h30 oppad te wees. Die afrdraai vir die wildeperde is 20km wes van Aus in die rigting van Luderitz. Daar is ‘n mensgemaakte suiping 1.5km vanaf die teerpad met […]

Dag 26 Solitaire na Aus

Ons het reeds gisteraand opgepak en die groot trap gebêre sodat ons vroeg aan die gang kan kom. Die koel weer van n paar weke gelede is lankal iets van die verlede en ons is weer terug in die middle 30’s. ‘n Trop gemsbokke wei op n groenigheidjie langs die pad.  ‘n Volstruis in die […]

Dag 25 Walvisbaai na Solitaire

Ons vertrek na n heerlike ontbyt, n laaste vinnige foto (deur die tuinier geneem) en ons diesel ingooi is ons oppad. Van nou is af dit grondpad vir n hele paar dae en die volgens wat ander blogs en reviews sê is dit nie goeie grondpad nie. Foto: Engela Aanvanklik is die pad  goed, Daar […]

Dag 23 Henties Baai, Swakopmund en Walvisbaai

Dit is op Engela se wenslysie om n skeepswrak te sien.  Noord van Hentiesbaai tot Cape Cross het ons niks gesien nie. Groot was die opwinding toe ek lees dat daar so 13km  suid van Hentiesbaai die wrak van die Zeila lê. Sigbaar vanaf die strand. Daar het n koue wind gewaai op, nog n […]

Dag 22 Hentiesbaai

Dis koel en mistig. Ds Fanie het vir Pieter vertel van n besonderse swemplek in die woestyn. Die soutvlakke is so hoog, jy dryf nes in die dooie see! Aanwysings van ds Fanie ontvang is so 20km voor Cape cross, draai regs, ry so 18km die woestyn in. En dis ons plan vir die dag. […]

Dag 21 Spitzkoppe na Hentiesbaai – 5 Jan 2025

Wraggies word ons wakker met reëndruppels op die dak. Ek wonder of ons reën aantrek?? Dit is vandag Engela se 19de verjaarsdag en n pragtige sonsopkoms verwelkom haar. Sy neem die foto waar die sonstrale die berg agter die camper verlig. Na ontbyt pak ons op om eers by ontvangs te gaan stort en daarna […]

Dag 20 Spitzkoppe 4 Jan 2025

Vandag  vertrek  ons na Spitzkoppe, vir my is dit n baie spesiale plek. Eerste blik op Spitzkoppe Ons kom in sonskyn by Spitzkoppe aan. Ons staan op kampplek 6. Sedert ons laas hier was, is die put toilette opgeknap. Daar is geen water of elektrisiteit by die kampplek nie. Vir n flushing toilet en stort […]